あらすじ
Vir vrede, krag, moed en inspirasie, kyk op na die berge. Dag vir dag, regdeur die jaar, kan jy 'n oomblik van stilte en bepeinsing deel met een van die wêreld se mees geliefde geestelike leiers, Billy Graham, deur die eenvoud van 'n Skrifgedeelte, 'n bemoedigende gedagte en 'n gebed. In Kyk op na die berge, bied Billy Graham klassieke dagstukkies wat gegrond is op 'n leeftyd van studie en bediening. Elkeen van hierdie 366 deurdagte oordenkings is geskryf om jou hart kalm te maak, jou gees op te lig en jou die weg te wys na die Een wat altyd daar is om jou te help. Op hierdie wyse lê jy elke dag nog 'n steen in die fondasie van jou persoonlike verhouding met God. Van die onderwerpe vor die dagstukkies sluit in: God is 'n persoon; Die vryheid van keuses; Storms van die lewe; Engele; Wat om met ons probleme te maak; God is ons sterkte Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? - Psalm 121:1

